肆客足球

Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

??????Welkom by die Afdeling Kliniese Farmakologie aan die Universiteit Stellenbosch.

Die Afdeling Kliniese Farmakologie is deel van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

?

 

 

Onderrig, Kliniese dienste & Navorsing

Onderrig:

  • Bied innoverende, ultramoderne onderrig aan studente en gesondheidsorgpraktisyns. 
  • Fokus op bewysgebaseerde benadering tot die voorskryf van medikasie. 
  • Ontwikkel studente en dokters wat leiers in die veld van kliniese farmakologie kan raak. 
  • Lei professionele gesondheidsorgwerkers op vir geneesmiddelontwikkeling. ??


Kliniese dienste:

  • ?Bied bewysgebaseerde sorg wat die gebruik van medikasie in alle gesondheidsorgkontekste sal optimaliseer. 
  • Verbeter gesondheidsuitkomste soveel moontlik deur middel van vennootskappe met pasi?nte, versorgers, professionele gesondheidsorgwerkers, reguleerders en beleidmakers. 
  • Bied 'n gifstofinligtingsdiens van ho? gehalte aan professionele gesondheidsorgwerkers en die algemene publiek. 
  • Lewer 'n ultramoderne moniteringsdiens oor terapeutiese middels aan plaaslike hospitale sowel as privaat laboratoriums. 
  • Neem deel aan plaaslike, nasionale en internasionale gesondheidsprogramme wat gesondheidsorgverbetering, welstand, siektevoorkoming en -behandeling, en toegang tot gesondheidsorg bevorder en bepleit. 
  • Dien as pleitbesorger vir pasi?nte, veral vir diensarm populasies. ?
  • Lewer en versprei kennis om pasi?ntesorg, medikasieveiligheid, siektevoorkoming en ?behandeling, gesondheidsorg wat kostedoeltreffend en van ho? gehalte is, en kliniese farmakologieopleiding te bevorder.
  • Pas nuwe kennis toe om innoverende modelle van gesondheidsorglewering, gesondheidsbeleid en opleiding in kliniese farmakologie te ontwikkel, evalueer en versprei.
  • Wees as aktiewe leiers by die Universiteit Stellenbosch betrokke.